Scroll Top
SEISOEN 2

KILOKRYGERS

In samewerking met PRETORIA FM & SLIM2WELL

Wen pryse ter waarde van R100 000

Droom jy daarvan om gewig te verloor, jou gesondheid te verbeter en jou lewe te verander? Nou is jou kans!

Pretoria FM en Slim2Well soek 10 gemotiveerde deelnemers vir ’n 6-maande gewigsverlies-uitdaging wat oor radio en sosiale media gevolg gaan word.  Hierdie is nie net ’n kompetisie nie – dit is ’n transformasie-reis.  Een wenner stap weg met pryse ter waarde van R100 000, insluitend ’n ongelooflike vakansie!

Inskrywings Het Gesluit!

Hoe werk die uitdaging?

Die uitdaging strek oor 6 maande en deelnemers sal weekliks gemonitor word.

Tydlyn

Inskrywings open: 20 Maart 2026
Inskrywings sluit: 10 April 2026
Uitdaging begin: 13 April vir 6 Maande
Finaal: Wenner word aangekondig op 19 Oktober 2026

Finaliste sal teen 13 April 2026 gekontak word.

Wat ontvang die deelnemers?

Deelnemers sal:

  1. Professionele ondersteuning ontvang
  2. Weekliks hul vordering monitor
  3. Deel wees van ’n inspirerende gesondheidsreis
  4. Op radio en sosiale media gevolg word

En natuurlik – ’n kans staan om R100 000 se pryse te wen.

Wie kan inskryf?

Jy hoef nie ’n atleet te wees nie. Ons soek regte mense met regte stories, soos:

  1. ’n Matriekmeisie wat selfvertroue wil bou vir haar matriekafskeid
  2. ’n Bruid wat op haar mooiste wil wees vir haar groot dag
  3. ’n Ma of Pa wat weer gesond wil voel
  4. Of sommer net Suzie of Johan wat gereed is vir ’n nuwe begin

Vereistes om in te skryf?

Om deel te neem moet jy:

  1. 17 jaar of ouer wees
  2. Verkieslik in Pretoria of omliggende gebiede woon
  3. Weekliks beskikbaar wees vir ’n amptelike weegsessie
  4. Bereid wees om op radio onderhoude te voer
  5. Toestemming gee dat foto’s en video’s vir bemarkingsdoeleindes gebruik mag
    word
  6. Die volle 6-maande program voltooi

Wat word van deelnemers verwag?

Deelnemers moet:

  • Weekliks weeg by ’n aangewese plek
  • Die program en mediese riglyne volg
  • Hul reis met luisteraars deel
  • ’n Positiewe houding hê en die proses ernstig opneem

Hoe om in te skryf?

Om in te skryf, voltooi die vorm hieronder en vertel ons:

  • Wie jy is
  • Hoekom jy wil deelneem
  • Wat hierdie transformasie vir jou sal beteken
  • Die 10 mees inspirerende kandidate sal gekies word om aan die uitdaging deel te neem.

Jou reis begin hier?

Hierdie kan die begin wees van ’n nuwe, gesonder en meer selfversekerde jy.
Skryf vandag in en verander jou lewe!

Moenie Wag Nie!

Pretoria FM & Slim2Well Gewigsverlies-Uitdaging

Kilokrygers – Seisoen 2

Dankie vir jou belangstelling om deel te wees van hierdie transformasie-reis. Vul asseblief die onderstaande vorm volledig in.
Die finale 10 deelnemers sal gekies word op grond van hul motivering en beskikbaarheid.
1. PERSOONLIKE BESONDERHEDE
2. GEWIGSVERLIES INLIGTING
3. JOU STORIE
4. MEDIA & BESKIKBAARHEID
5. TOESTEMMING & MEDIA GEBRUIK
6. LAAI ’N FOTO OP
7. LAATSTE VRAAG
INSKRYWINGS SLUIT:
10 April 2026 en die deelnemers sal 13 April aangekondig word 14:00 op Pretoria FM.
Deelnemers sal ook direk gekontak word.